Sonsondergang in die somer
Buiteaansig van die woonstel te Hartenbos. Voëlgeraas 202 is op die middelste vlak, aan die linkerkant.

Hartenbos Vakansiewoonstel

Kunswerk wat woonstel versier

Die woonstel is dwarsdeur die jaar beskikbaar vir vakansieverhuring. Die beskikbaarheidstabel gee u slegs 'n aanduiding of die woonstel beskikbaar is. Bevestiging van beskikbaarheid kan per epos of telefonies bevestig word. Die tariewe is aangepas om voorsiening te maak vir drie groeperings, naamlik Hoog-, Binne- en Buite Seisoen tariewe. Die tariewe word jaarliks teen Oktober hersien.

Besprekings word dwars deur die jaar ontvang. Enige bespreking word tydelik gehanteer totdat die verlangde deposito betaal is. Alle besprekings moet kontraktueel bevestig word deur middel van die voltooiing en aanvaarding van die dokumentasie wat die bespreking vergesel.

Vir besprekings, kontak ons gerus. Ons sien uit om u te ontvang.

Ter Inligting